0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (14)
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 17 of 17 matches in All Departments

Blou Moord (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Blou Moord (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
bundle available
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom.

Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met:
Attie Steenkamp, ’n predikant en Una se swaer
Christoline, die predikant se swaarmoedige vrou
Janneman, hulle seun wat sy been op die grens verloor het
Annetjie, hulle polities bewuste dogter
Toon van der Lugt, ’n selfingenome akteur
Suné Louw, ’n jong meisie wat deur Toon onderhou word
Cor Mocke, ’n ruwe weermagvriend van Ederik
Miguel Pedrito, Una se handyman
Inez, sy vrou en die kok-huishoudster

Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood – behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol.

Kaptein Pipskwiek (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Kaptein Pipskwiek (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof; Illustrated by Shaun Samuel
bundle available
R150 R117 Discovery Miles 1 170 Save R33 (22%) Ships in 5 - 10 working days

In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem...

Hoe Gril Ek Nou (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, De Wet Hugo Hoe Gril Ek Nou (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, De Wet Hugo
bundle available
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan.

Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.

Roald Dahl Se Vreeslike Versies (Afrikaans, Paperback): Roald Dahl Roald Dahl Se Vreeslike Versies (Afrikaans, Paperback)
Roald Dahl; Illustrated by Quentin Blake; Translated by Francois Bloemhof
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Francois Bloemhof se onnutsige en speelse vertaling van Dahl se reeds klassieke Revolting Rhymes sorg vir ’n allerheerlike leeservaring. Talle verrassings wat op lesers wat gedink het Sneeuwitjie is so soet soos stroop en Rooikappie weet nie van sake in haar eie hande neem nie ...

Vir altyd (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Vir altyd (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R219 Discovery Miles 2 190 Ships in 3 - 5 working days

As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina se romantiese droom verpletter word, is Hugo egter weer die een om haar by te staan. Maar hoe 'n goeie plan was dit om saam na Mauritius te gaan vir dit wat bedoel was om haar en 'n ander man se wittebrood te wees? En watter struikelblokke sal alles nog oorkom moet word voordat daardie gelukkige "vir altyd" moontlik is?

Verkleurmannetjie (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Verkleurmannetjie (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
bundle available
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees

Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees.

Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad agtergelaat het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s’n? Word hy agtervolg? Alles  is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd óm hom …

Soos die titel belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ’n hele TV-reeks, deur ’n skrywer wat weet hoe ’n tiener se kop werk – en hou van hoe dit werk!

The lady with the purple eye (Paperback, School ed): Francois Bloemhof The lady with the purple eye (Paperback, School ed)
Francois Bloemhof
R186 R160 Discovery Miles 1 600 Save R26 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Chris and Marley are in a new school, and from the word go they discover that things are not quite the same as in other schools. Their new friends start to behave strangely, not to mention the guy with no hair and that weird library teacher. When they are slowly but surely sucked into a series of disturbing events, Chris and Marley decide to investigate – and end up in the clutches of the lady with the purple eye. A chilling story with lots of blood curdling surprises.

Die pad na jou hart (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, Ivan Botha, Donnalee Roberts Die pad na jou hart (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, Ivan Botha, Donnalee Roberts
R315 R239 Discovery Miles 2 390 Save R76 (24%) Ships in 4 - 8 working days

Iets anders! Francois Bloemhof slaan 'n nuwe rigting in met 'n roman gebaseer op 'n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en die pad van liefde het meer as net 'n paar kinkels en draaie. Basson is 'n verwaande jong man wie se pa aan hom 'n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson 'n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord en jou ware noord.

Die Duiwel Maak My Hart So Seer (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Die Duiwel Maak My Hart So Seer (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie.

Dis 1981 en die maand is Januarie.

Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar.

Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het.

Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...

Spooksoeker 3 (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Spooksoeker 3 (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
bundle available
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MÉÉR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE.

Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies - en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hulle gereed kry vir wat hier aankom nie. Nuwe onthullings. En nuwe gevare. Wat is die slangvrou se geheim? Hoe het Warno se pa gesterf? Watter wrede jong gedaante dwaal deur die dorp? En wat wag in die begraafplaas? Hierdie laaste Spooksoeker-boek is soos 'n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is!

Hierdie boek volg op Spooksoeker #2 deur dieselfde skrywer en is die laaste boek in die trilogie.

Spooksoeker 2 (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Spooksoeker 2 (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
bundle available
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

SPOKE BESTAAN NIE.
MOET DUS NIE BANG WEES NIE.
HULLE KAN JOU NIKS DOEN NIE.
MAAR WEET HÚLLE DIT?

Warno Alberts is onder die indruk dat hy 'n nuwe begin kan maak ná sy ontmoetings met spoke in Spooksoeker # 1. Ongelukkig is dit nie sy lot nie. Sy pad kruis weer met 'n reeks geheimsinniges en spoke. Nie net kom hy van aangesig tot aangesig met die berugte spookmeisie van Uniondale, die geheimsinnige man in swart, en die grusame bruid nie, maar hy ontdek ook die ander spooksoeker ...

Kry vir jou! (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Kry vir jou! (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days
Nog 13 spookstories: Spookstories (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, Fanie Viljoen Nog 13 spookstories: Spookstories (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, Fanie Viljoen
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.

Spooksoeker (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Spooksoeker (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
bundle available
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Warno Alberts is ‘n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook ‘n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat ‘n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.

Agent Snoet 5 in 1 (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Agent Snoet 5 in 1 (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat ...

Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is ’n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos.

Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Dié slim Siamees is ’n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder sy getroue kattehandlanger sou uitrig nie!

Saam het dié gedugte speurderspan al die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant ontrafel, ’n gevaarlike wapen genaamd die Genugtig uit gevaarlike skurke se kloue teruggekry en ’n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm. Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in dié fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek:

- Agent Snoet en die Botterdiamant

- Agent Snoet en die Kattekwaad

- Agent Snoet en die Hondelewe

- Agent Snoet en die Groen Genugtig

- Agent snoet en die Windlawaai

13 Spookstories (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs 13 Spookstories (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Tanja Joubert; Francois Bloemhof, Fanie Viljoen
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!

Die Duisend En Eerste Nag (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Die Duisend En Eerste Nag (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
bundle available
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

1001 nagte, 1001 wonders, 1001 gevare.

Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val ’n deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in ’n wêreld van ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. ’n Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld finaal en Herman verval in ’n diep koma. Hy bevind homself binne-in ’n avontuur, ’n nagmerrie, ’n wêreld waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen plekke, ontmoet verskeie karakters en word weggelok deur die prinses, ’n meisie wat baie aan Herma herinner.

François Bloemhof het al plaaslik en wêreldwyd vir talle literêre eerstes gesorg, maar met hierdie unieke lees-luister-en-kyk-ervaring oortref hy homself. Die duisend en eerste nag het geen geduld met ou, veilige storiegrense nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bosch GBM 320 Professional Drill…
R725 R609 Discovery Miles 6 090
Happier Than Ever
Billie Eilish CD  (1)
R143 Discovery Miles 1 430
Badgirl Wanderer Ladies Sunglasses
R173 Discovery Miles 1 730
Moon Bag [Black]
R57 Discovery Miles 570
Docking Edition Multi-Functional…
R1,099 R799 Discovery Miles 7 990
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Gynaguard Ultimate Wash (250ml)
R120 R111 Discovery Miles 1 110
Fine Living E-Table (Black | White)
 (7)
R319 R199 Discovery Miles 1 990
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R642 Discovery Miles 6 420

 

Partners